Voorblad

Matematikus

Picasso

Die prosaïese, eendimensionele
reguitlyn is net van belang vir ‘n
uitgelese groepie matematici of
dalk ‘n eensame reisiger van
punt A na punt B.

Maar die kurwes,
die halfrond,
die volle sirkel,
die parabool,
die hiperbool …

Elkeen vind volmaakte
vorm in jou lyf
as ek met oë toe,
en honger hande,
die wiskunde bedryf.