Argo

Argo

Ons is op ‘n eensame vaart,
‘n Skip met seile, hoë maste
En ‘n wye, wye dek,
Op reis na ‘n verre strand.

Niks kan ons reis vertraag,
Steeds bly ons voor die wind,
Die stuurman aan die roer
Hou koers met vaste hand.

Die roete word bepaal
Met kaart, kompas en sekstant,
Met die Son en die Maan
En die Suiderkruis se stand.

Die eindpunt reeds vasgestel
By die lê van die kiel
En die sny van die eerste plank.

©vuurklip 19 Nov 2008

This entry was posted in gedigte, poësie, poetry. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *