Category Archives: gedigte

Biografie

Biografie Ek het ‘n boek Met baie blaaie. Het aanvangs te vinnig gelees, Paragrawe oorgeslaan, Sinne misverstaan. Ontgogel deur misverstand. Ek lees nou langsamer, Blaai teësinnig om, Ontleed elke paragraaf, Proe versigtig aan elke woord. Langtand op pad Na die … Continue reading

Posted in gedigte, poësie, poetry | Leave a comment

Afwagting

Afwagting Hulpeloos en redeloos Wag hulle op die Kaptein. Dorstiges na kennis Wag op die reën. Filosowe en misantrope Wag op Godot. Gelowiges en twyfelaars Wag op die Here van Psalm 130. Maar ons digters en sondaars Wag (stoïes) op … Continue reading

Posted in gedigte, poësie, poetry | Leave a comment

Vervreemding

vervreemding mense val my áf soos bas van ‘n bloekom my jaarringe sluit al meer en meer uit en eendag as ek brand tot as weet niemand hoe alleen ek was ©vuurklip

Posted in gedigte, poësie, poetry | Leave a comment

Wynkwatryn

Wynkwatryn Cabernet se donker bloed Kan soms die skugter muse voed Sodat daar dalk ‘n vers verskyn Van lief en leed en bittersoet. ©vuurklip  

Posted in gedigte, poësie, poetry | Leave a comment

Argo

Argo Ons is op ‘n eensame vaart, ‘n Skip met seile, hoë maste En ‘n wye, wye dek, Op reis na ‘n verre strand. Niks kan ons reis vertraag, Steeds bly ons voor die wind, Die stuurman aan die roer … Continue reading

Posted in gedigte, poësie, poetry | Leave a comment

Voorspel

Voorspel Klein bou ons ons wêrelde Al spelend’ in die sand, Sien ons lugkastele In wolke bo die strand. Die voorspel tot ‘n toekoms Wat niemand wil voorspel, Al lê daar alreeds tekens Vlak onderkant die vel. Wat kom is … Continue reading

Posted in gedigte, poësie, poetry | Leave a comment